Dinsdag 24 Julie 2018

Sekwestrasie

Wat is die Sekwestrasie proses?

Die sekwestrasie proses bestaan uit twee hoof kompartemente
  • Evaluering van die kliënt se unieke situasie – Sekwestrasie proses
  1. In die eerste en belangrikste plek, moet die Insolvensie praktisyn bepaal of die kliënt inderdaad insolvent is en of ‘n ander skuld middel as oplossing eerder gebruik kan word, soos bepaal word deur die Nasionale Kredietwet.  Ons bied ook skuldberading aand en help met eiendomme wat geoormerk is vir balju veilings
  1. Dit word gedoen deur middel van ‘n in-diepte aansoekvorm wat die Insolvensiewet praktisyn voorsien met al die inligting wat hulle nodig het om doeltreffende advies aan kliënte te verskaf.
  • Die besluit om aansoek te doen is gemaak, wat nou?


  1. Wanneer die kliënt besluit het om voort te gaan met die aansoek, word die prokureur instruksie gegee met die indiening van die nodige advertensies in die Staatskoerant en ‘n plaaslike koerant, waarin die kliënt se intensie om te sekwestreer gepubliseer word.  Ook moet ‘n geskikte hof datum vir die aansoek vanaf die hof verkry word.
  2. Die dag wat die advertensie in die media verskyn, val die skuldenaar onder die beskerming van die Insolvensiewet 24 van 1936, wat beteken dat hy/sy word verbied om enige verdere betalings aan krediteure te maak (Met die uitsondering van garneer opdragte)
  3. Die prokureur sal die vermoënstaat saamstel (Saam met al die ander nodige dokumentasie) van die kliënt.  Onder andere ook die van die totale lys van krediteure met hul presiese totale kapitale skuld op hulle profiel en die voordeel wat hulle kan verwag vanuit die boedel (Tussen 20c tot 25c op die rand soos voorgeskryf deur die Insolvensiewet)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking